Boodskap vir Vandag

Search

‘n Metode van bid

Op U, Here my God, aan wie ek behoort, is my oë gerig, by U skuil ek, moenie dat my lewe wegkwyn nie (Psalm 141:8).

Iets waaroor almal wonder wat hulle met die praktyk van gebed bemoei, is of daar ‘n bepaalde metode bestaan wat gevolg kan word.

Op dié vraag het die bekende Katolieke geestelike, Thomas Merton, lank gelede ‘n wonderlike antwoord gegee.

“Jy vra my na my manier of metode van bid? Streng gesproke volg ek ‘n baie eenvoudige manier van bid. Dit is om my aandag volkome op die teenwoordigheid van God, op God se wil en op God se liefde te rig. Dit wil sê, my aandag is volledig op daardie geloof gefokus waardeur alleen dit moontlik is om God se teenwoordigheid te ken.”

“Dit gee aan my gebed die karakter van vóór God te wees asof ek God sélf kan sien. Verstaan mooi: Dit beteken nie dat ek ‘n presiese beeld van God vir my kan voorstel nie. In my gedagtes sou dit op ‘n vorm van afgodery neerkom. Die teendeel is eerder waar: Dat ek God vereer en aanbid as onsigbaar en ver bokant ons begrip of verstand, dié God wat alles omvat.”

Ek weet nie hoe jy bid nie, maar miskien kan Merton se eenvoudige manier jou vandag wel help.

Die kern daarvan bly die hardnekkige vertroue dat God dáár is en vandag naby jou wil wees met God se liefde.

Here, soos baie gelowiges voor my, wil ek vandag net naby U kom sit en U aanbid as die onsigbare, getroue God. Sien my in my armoede aan en ontferm U oor my. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed