Boodskap vir Vandag

Search

‘n Mooi kersgeskenk

Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord! (Psalm 119:9).

Soek u nog na ‘n mooi kersgeskenk?

Die bekende skrywer en teoloog, Dirkie Smit, se aangrypende nuwe boekie “Om te leef asof nie” (uitgegee deur Bybelkor), kan dalk net die ding wees.

Die boek is allereers meditasies, opgedra aan sy vriend en kollega van baie jare – die eertydse rektor van Stellenbosch, Russel Botman wat onlangs onverwags oorlede is.

Maar die boek is ook bedoel vir mense soos ons.

Mense wat worstel met die lewe en met hulle eie broosheid en alleenheid. Mense – veral ook jongmense – wat op soek is na sin en waarde vir hulle lewe, na egte moraliteit en menslikheid, na vryheid en geregtigheid vir alle ander.

Gedagtig aan die swaarkry waaronder almal moet deurloop, roep Dirkie Smit die woorde van die ou bekende, maar baie mooi Hallelujalied, in herinnering: “As die lewenstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig vrees om te vergaan, tel jou seëninge, tel hul een vir een, en jy sal verbaas wees oor wat God verleen.”

Dit is ’n grondgedagte in dié boek.

Here, dankie vir woorde wat ons vandag weer herinner aan u seëninge. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed