Boodskap vir Vandag

Search

‘n Nuwe voorneme

Laban het hom na sy huis toe gevat, en toe vertel Jakob hom alles (Genesis 29:13).

En toe kom die Kussiet juis net daar aan en sê: “Daar is nuus vir die koning …” (2 Samuel18:31).

Onlangs woon ek ‘n skoolreünie op my tuisdorp, Calvinia, by.

Ek weet dat almal nie ewe entoesiasties oor sulke geleenthede is nie. En tog, om ná jare weer deur die Tankwa-Karoo te reis en ‘n slag dié kontrei se vars lug in te asem, het die uitstappie reeds die moeite werd gemaak.

Wat nog te sê van die opwinding om ou gewaardeerde vriende ná soveel jare weer te sien, veral te sien hoe hulle lewe in dié tyd ontplooi het en waar hulle hulle deesdae bevind.

Vir my persoonlik was die naweek in dié opsig ‘n groot verryking, selfs ‘n tyd vol aangename verrassings.

En tog was daar saam met die vreugde van weersiens, ook ‘n pynlike soort gewaarwording – die besef dat, terwyl ons destyds elke dag in dieselfde klaskamer gesit het, ons eintlik maar baie min van mekaar geweet het.

Min geweet het van mekaar se lewenstorie, van hulle swaarkry en hartseer, die bitter knel van armoede en siekte waaronder sommige gely het – of die verborge traumas van ‘n spanningsvolle ouerhuis.

Ek troos my vandag dat dié blindheid destyds waarskynlik onvermydelik was. Almal van ons was eenvoudig nog jonk en te onvolwasse om noukeurig op mekaar te let. Boonop moes almal in dié jare hulle eie manier vind om deur die doolhof en onsekerheid van adolessensie te kom.

Tog het ek ná die naweek teruggekeer met ‘n nuwe voorneme: Om voortaan dieper te kyk en beter te luister. Ja, om meer bewustelik op die stories van ander mense te let.

Want ons is inderdaad omring deur ‘n see van stories – stories van goeie geluk en vreugde wat, soos met Jakob destyds, gevier kan word (Gen 29:13), maar ook slegter stories, soos met die nuus van Absalom se dood destyds wat selfs ‘n koning verslae en gebroke kon laat (2 Sam 18:33).

Here, maak ons vandag weer oop en gevoelig vir die stories van mense. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed