Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Roering van nuwe lewe

Hy sê toe vir my: “Tree op as profeet vir hierdie bene en sê vir hulle: Hoor die woord van die Here, droë bene! So sê die Here vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” (Esegiël 37:4-5).

Wanneer God sy volk en deur hulle ʼn ganse land tot nuwe lewe wek, gebruik God gewone mense.

Hoe duidelik sien ons dit in Esegiël 37.

Hier word die profeet, nadat God hom opnuut tot nederige geloof beweeg het, geroep om vir ʼn versameling dooie bene te preek. In sy preek moet hy die dooie bene, wat ʼn beeld van sy verslae en terneergedrukte volk is, herinner aan God se woord, aan God se belofte.

Die belofte is dat God hulle uit die dood sal opwek sodat hulle God weer as die enigste Heer van hulle lewe sal erken. Dat hulle God met nuwe energie en oorgawe sal begin dien. Saam met dié prediking moes Esegiël ook bid, ja, roep dat die Gees hierdie nuwe lewe in sy volk sal blaas.

En nou is die wonder: Die oomblik toe Esegiël sy roeping begin vervul, toe hy God se groot beloftes aankondig oor die dodeakker – wat sy volk se liggaamlike en geestelike toestand aandui – kom daar ʼn vreemde roering.

Dit is dieselfde roering wat ná Christus se opstanding mense tot verwondering en vrymoedige getuienis beweeg het.

Ek wonder of jy weet dat dit vandag weer kan gebeur. En dat jy deel daarvan kan wees.

Kom, Here, kom, Heilige Gees, vervul opnuut ons harte met die vuur van nuwe lewe. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed