Boodskap vir Vandag

Search

‘n Ryk belofte

Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie” (Lukas 9:58).

Volgens Lukas 9:51-62, kan die nuwe bewussyn wat Jesus van ons verlang, alleen posvat en deurbreek waar ons bereid is om Jesus voluit te volg.

Om dan só, op sy voetspoor, van ‘n selfbehepte en benepe persoon, tot ‘n liefdevoller, oper en geduldiger mens te groei.

Dat dit nie maklik is nie, selfs ‘n kruisweg sal beteken, is duidelik uit die gedeelte.

Want om mee te begin, beteken dit dat jy bereid moet wees om te verander. Om doelbewus die gewone gang of patroon van jou lewe te onderbreek, sekere gewoontes of gebruike af te leer, selfs ou beproefde bande prys te gee. Sodat jy vry is om ‘n nuwe koers of rigting in te slaan.

Een wat jou oor nuwe grense kan neem waar jy inderdaad méér weerloos, onseker en selfs beangs sal voel. Byna soos in ‘n woestyn waar alles aanvanklik vaal, leeg en eensaam skyn te wees.

Net om te ontdek dat daar in hierdie vreemde landskap skatte en verrassings, ja, selfs ‘n nuwe vorm van lewe en vryheid, selfs geluk skuil waarvan jy nouliks kon droom.

Dít, liewe leser, is die verskuilde, maar ryk belofte wat opgesluit is in Jesus se kort, maar kragtige uitnodiging: “Volg My!”

O Here, wanneer sal ons ooit leer dat u opdragte en uitnodigings altyd vol ryk beloftes is. Maak ons tog vandag weer daarvoor opmerksaam! Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed