Boodskap vir Vandag

Search

‘n Skans teen rassisme

Help die medegelowiges in hulle nood en lê jou toe op gasvryheid (Romeine 12:13).

Te midde van groeiende onverdraagsaamheid en die gepaardgaande spook van rassisme wat nou weer begin rondloop, is daar één ding wat ons as Suid-Afrikaners nooit mag verloor of prysgee nie.

Dit is om gasvry en vriendelik teenoor alle mense te bly en op te tree.

Ek het grootgeword in ‘n deel van ons land wat bekend is vir die gasvryheid van sy mense. Al gaan staan jou motor ook waar in dié verlate landskap – as iemand jou daar kry, sal hulle help. Of as jy vir hulp gaan aanklop, sal mense hulle deur en huis vir jou oopmaak. Jou versorg en selfs oorlaai met die nodige – kos, ‘n bed, selfs klere – tot jy weer kan aangaan.

Vir dié mense is dit vanselfsprekend, selfs diep ingeburger: Jy help en nooi in waar jy kan, veral wanneer die nood druk.

Want dit is hoe gasvryheid werk.

Vir ware gelowiges, behoort gasvryheid ‘n kerndeel van hulle instelling en optrede teenoor mense te wees. Dit kan nie anders nie.

Boonop bly gasvryheid ‘n belangrike skans teen enige vorm van rassisme.

O Here, help ons om in ‘n samelewing vol woede en rassisme, nie die deug van gasvryheid teenoor alle mense te verwaarloos nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed