Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Skerp antwoord

Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.” “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval” (Matteus 15:26-27).

Die verhaal van die Kanaänitiese vrou wat vir Jesus vra om haar dogter gesond te maak (Matteus 15:21-28; Markus 7:24-30), laat ons ongemaklik voel.

Dié vrou, wat nie ʼn Jood is nie, vra vir Jesus om ʼn onrein gees uit haar dogter te dryf. In Markus antwoord Jesus dat sy moet wag dat die kinders eers eet en dat dit nie mooi is om die kinders se kos vir honde te gooi nie. Haar antwoord, wat sy in geloof gee, is dat honde darem die krummels onder die tafel kan eet.

Die verhaal skep ongemak, want dit voel vir ons Jesus verneder die vrou wat om hulp kom vra. Die ander perspektief is egter dat Hy haar geloof getoets het.

Miskien help die konteks ons. In Markus is geloof ʼn sterk tema. Dit is egter heeltyd die buitestanders (die outsiders) wat glo en nie dié in die binnekring (die insiders) nie. Hierdie vrou met haar vinnige antwoord beskaam die Jode in hulle eie ongeloof … en haar kind word gesond.

Ek wonder soms wie regtig vir Jesus opsoek. Seker dié wie se nood die grootste is? Die kruis het in elk geval enige vorm van rangorde weggeneem en ons sonde en nood kom ontbloot.

Dankie dat ek in my nood met my bietjie geloof na U toe kan kom, Here, en kan weet U sal my raaksien. Amen.

Lisel Joubert

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed