Boodskap vir Vandag

Search

‘n Strop wat bevry

Julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar deur die liefde (Galasiërs 5:13).

‘n Vroom medestudent het altyd beweer dat die goeie God net één mens as vaste maat of huweliksgenoot vir jou bedoel het.

En vir daardie mens, so het hy verder geglo, moet jy in die loop van jou lewe biddend op die uitkyk wees. Hy of sy is vir jou bestel.

Gelukkig het Helmuth Thielicke, die bekende Duitse teoloog, my taamlik vroeg van hierdie eng, amper deterministiese siening, verlos.

Volgens Thielicke bestaan daar baie mense met wie jy eendag sou kon trou, of wel ‘n vaste verbintenis sou kon aangaan. Die groot uitdaging is om, wanneer jy eenmaal hierdie keuse met oortuiging en in liefde gemaak het, daaraan getrou te bly.

En dié getrouheid hoef nie te beteken – soos sommige grappenderwys beweer – dat jy nou jou nek in ‘n soort strop geplaas het waarin jy gevang is en waaraan jy vir die res van jou lewe sal moet wurg nie.

Inteendeel, die huwelik en ons verbintenis om getrou te bly, is juis ’n soort strop wat bevry.

Want wie eenmaal besluit het om te trou en só ook aan ’n ander trou te sweer, betree ‘n grootse avontuur, ‘n reis vol nuwe ontdekkings waarin albei geroep word om mekaar beter leer ken, dieper te waardeer en méér te respekteer. Ook ál meer geskool en gewillig word om die ander se laste en pyn met geduld, oorgawe en vreugde te leer dra.

‘n Huwelik wat ons nie hiertoe bevry nie, gaan mank aan vertroue en egte liefde.

O Here, maak ons vandag opnuut getrou aan U en aan mekaar. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed