Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Toets vir ons geloof

Toe Jesus rondkyk en sien dat ʼn groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen (Johannes 6:6).

Wat ʼn vreemde vraag van Jesus aan Filippus in Johannes 6: Of daar ʼn plek naby was waar hulle brood vir die moeë skare kon gaan koop.

Dit verg nie baie verstand om te weet dat hierdie versoek onrealisties, indien nie totaal onvanpas, was nie.

Want behalwe dat die aand besig was om vinnig te daal en hulle ver van enige winkel af was, was die hoeveelheid mense om te voed bloot te veel. Johannes praat van 5 000 mense, en dit net die mans. Geen wonder die dissipels wou, volgens Markus se weergawe van hierdie wonderwerk, eerder die mense so gou moontlik wegstuur nie.

Tog hou Jesus aan met sy vraag: “Waar kan ons brood koop sodat die mense kan eet?” Waarom dié vraag en aandrang?

Natuurlik het Filippus dit in daardie stadium nie geweet nie, maar met sy vraag wou Jesus sy dissipels se geloof toets. Hy wou vasstel of hulle steeds in Hom as die Seun van God glo. Steeds glo dat Hy gekom het om rus te gee vir dié wat moeg en belas is. Om brood te gee vir dié wat honger is. Kortom, dat Jesus uitkomste kan gee waar mense dit die minste verwag. En hoop waar alles uitsigloos en leeg lyk.

Dit is die boodskap van hierdie gedeelte, die teken waarop Johannes ons aandag met hierdie wonderwerk wou vestig: Niks is vir God onmoontlik nie. Daar is altyd ʼn uitweg. Want Jesus, die brood wat ware lewe gee, is vandag steeds by en met ons.

Soos met die dissipels, bly die vraag wel of ons dit glo. En net so belangrik, of ons ook, soos Jesus, bereid is om die skare te help voed. En so mee te doen aan die groot voedingskema waarmee Hy begin het.

Daaruit, veral, sal blyk in watter mate ons in Jesus en in sy unieke sending glo.

Here, gee my vandag die soort geloof wat alles van U verwag. Amen.

Carel Anthonissen

 

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed