Boodskap vir Vandag

Search

‘n Tree terug

Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig (Efesiërs 5:21).

In die Efesiër-brief waar Paulus dit het oor die verhoudings binne ons gesinne of families, is dit byna asof hy eers ‘n tree terug gee.

Want voor hy by die groter familie kom, daardie delikate verhouding tussen ouers en kinders, praat hy eers oor die huwelik, oor die verhouding tussen man en vrou.

Dit is byna asof Paulus dit áánvoel: As dit nie geluk met die verhouding tussen man en vrou nie, as híér ‘n breuk ontstaan, kom die verhoudings tussen ouers en kinders ook in gedrang, word die hele gesin se lewe en toekoms in gevaar gestel.

Hoe góéd ken ons nie hierdie verskynsel uit ons eie geskiedenisse nie! Hoe die bitterheid en vervreemding tussen man en vrou – wat dikwels op ‘n skeiding uitloop – ‘n wond kan slaan in die lewe van die kinders, hulle lewe totaal kan ontwrig en verwring.

Sodat húlle uiteindelik ook sukkel om met vertroue en oorgawe ‘n vaster verhouding aan te pak. Of skielik, wanneer hulle eenmaal self getroud is, ontdek hoe die spanninge en onverwerkte twiste van die ouerhuis hulle nou in hulle eie huwelike uitspeel.

Dit is omdat Paulus dié gevare ken dat hy moeite doen om man en vrou bewus te hou van die dieper geheim van die huwelik. Hierdie geheim is geleë in die liefde van Christus wat alles vir mense opoffer, ja, vir sy kerk (Efes 5:21-32).

Dié liefde vorm die bron en stewige fondament van alle gelukkige huwelike.

O Here, dankie vir u liefde wat vandag weer die fondament van my verhoudings is. Help my om dit nie net te weet nie, maar daaruit te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed