Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Tydige herinnering

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word” (Matteus 7:7).

Karl Barth sluit sy bekende preek oor God se genade af deur te wys op ʼn dilemma wat ons goed ken en wat gedurig in ons geestelike lewe opduik.

Dit is dat ons, al weet ons God se genade is daar vir óns, steeds sukkel om dit te glo. Of daaruit te leef.

Soos hy dit stel: “Die brood van die lewe word vir ons aangebied, maar in plaas daarvan om dit met oop hande te ontvang, bly ons ons vuiste bal. Die deure van die tronk is oop en tog, vreemd genoeg, verkies ons om binne te bly.”

In antwoord op die vraag waarom ons so traag is om te glo – ja, erger nog: waarom ons aan God se genade verbyleef, nie ons hande oopmaak om dit te ontvang nie, maak Barth ʼn verrassende opmerking. Ons vergeet om daarvoor te bid; ons faal om elke dag met ywer na God toe te draai en te vra dat God ons sal help om te verander. Sodat ons oë en hande sal oopgaan om God se genade te sien en met blydskap te ontvang.

Tereg herinner Barth ons dan:

“No human being has ever prayed for this in vain … Ask that you may believe this and it will be given you; seek this, and you will find it; knock on this door, and it will be opened to you.”

Wat ʼn tydige herinnering! Kom ons roep dan weer, al is dit net ʼn fluistering: “Here, wees my genadig!”

Here, ek kniel, ek buig, ek strek my hande uit na U – ek glo. Ontvang my nou soos ek is en gee my nog meer van u genade. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed