Boodskap vir Vandag

Search

‘n Verpaste geleentheid

“Ek is mos nie ‘n Jood nie!” antwoord Pilatus. “Dit is jou volk en jou priesterhoofde wat jou aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?” (Johannes 18:35).

Die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, bly een van die fassinerende figure in die Bybel.

In ons teks vir die week, Johannes 18:33-37, is hy ironies genoeg, een van die eerstes wat vermoed het dat Jesus dalk ‘n koning kon wees. Vandaar sy vraag: “Is jý die koning van die Jode?”

Maar Pilatus bly neutraal, op ‘n afstand, onbetrokke. ʼn Mens kry selfs die indruk dat sy belangstelling in Jesus terloops en oppervlakkig was. Of op die meeste net beperk tot Jesus se sogenaamde oortreding. Asof hy nie werklik wou weet wie hierdie Jood was nie.

Voorop vir hom was sy eie oorlewing en status as goewerneur en regspleger. Hoe hy met so min skade as moontlik aan sy eie brose reputasie hierdie ongemaklike saak agter die rug kon kry.

En só mis hy die dieper geheim van hierdie man. Leef hy amper niksvermoedend verby aan die grootste kans van sy lewe.

Pilatus – dit moet ons weet – is maar een van baie wat vandag steeds die geleentheid om die Koning van konings beter te leer ken, laat verbygaan, of selfs blatant ignoreer.

Kan daar iets hartseerder met ‘n mens gebeur? Veral as ons die hele Bybel tot ons beskikking het om ons nader aan Jesus te bring?

O Here, U staan steeds vandag voor my met u liefde en u gebroke hart. Help my om nie daaraan verby te leef nie, maar U te ontdek as Koning – ook as Koning van my lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed