Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vreemde belofte

Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen (Matteus 25:40).

Om soos Jesus jou lewe na die armes te draai en goeie nuus vir hulle te bring én vir hulle te wees, is allermins maklik.

Dit neem jou op onbekende en, laat ons maar eerlik wees, ongemaklike paaie.

Paaie waar jou lewe, net soos met Jesus sʼn die geval was, hoogs waarskynlik ook sal kruis met talle ander wat die lot van die armes deel, onder andere tronkvoëls, onderdruktes en gestremdes.

Wie hulle met diesulkes bemoei, moet weet dat hulle sal begin deel in die laste en pyn van hierdie mense en hulle onbekende skemerwêreld. Soos hulle, sal jy party dae moedeloos, verward en ja, ook uitgebuit en gefrustreerd voel. Dit is die prys wat jy betaal vir hierdie reis, die kruis wat daarmee saamkom.

Maar wie hierdie reis in die geloof aanpak, mag ook aangenaam verras, selfs oorweldig word. Hulle mag in die aangesig en reaksie van die armes ‘n stuk eenvoud, menslikheid en dankbaarheid ontdek wat hulle nie vroeër geken het nie. En wat hulle lewe oneindig kan verryk.

Hulle kan selfs ontdek dat Christus hulle in dié mense tegemoet tree en kom seën.

Is dit dan nie deel van sy vreemde belofte in Matteus 25:31-46 nie?

Here, laat ons eerlik wees: Ons het nie lus vir die wêreld van arm mense nie. U sal ons moet leer hoe om daarmee om te gaan. Ook hoe daar seën daarin opgesluit kan wees. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed