Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vreemde opdrag

Die Here het vir Hosea gesê: Gaan trou met ‘n prostituut wat buite-egtelike kinders het, want die land is besig om te hoereer, om heeltemal ontrou aan die Here te word (Hosea 1:2).

Onlangs het ek weer die boek Hosea gelees.

Wat ‘n vreemde, maar ontroerende verhaal!

Van ‘n profeet wat deur God geroep word om ‘n bykans ongehoorde en uiters pynlike daad te verrig – om met ‘n ontugtige vrou te gaan trou. Kortweg en meer kru gestel: Hosea moes vir hom ‘n slet, ‘n hoer, as vrou kies. Dit was God se opdrag.

Soos wat die verhaal ontvou, word dit duidelik waarom die God van Israel dít wou hê. Dit was om só onbegryplike en troue liefde aan God se afvallige volk te verklaar. Om deur Hosea se vreemde daad iets van die onmeetlike diepte en omvang van God se liefde vir Israel te weerspieël.

Sodat al was hulle ook hóé ontrou, al het hulle God ook met hóéveel minnaars – in dié geval Baäl-afgode – bedrieg en verloën, hulle moes weet: God kan dit nie oor God se hart kry om hulle te verlaat of prys te gee nie. Daarvoor het God hulle té lief.

Hosea se daad moes dít duidelik maak.

Weet jy dat hierdie woord vandag ook vir jou bedoel is? Dat al het jy ook hóé diep geval, selfs jou naam in die proses verloor, jou waardigheid geskend, God jou nooit sal vergeet of verlaat nie?

Hoor dit tog weer: “Al veroordeel jou hart jou ook, God is meer as jou hart.”

Here, dankie vir u groot liefde waardeur U my vandag weer vashou. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed