Boodskap vir Vandag

Search

Nadink

Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink.

– Lukas 2:18-19

 

Ek het eenkeer ’n monoloog oor Maria geskryf en dit tydens Paasfees by die Mosaïek-gemeente opgevoer. Om dit met oortuiging te kon doen, moes ek my in haar emosionele skoene plaas. Ek het diep gedink oor hoe Maria moes gevoel het in haar baie ongewone omstandighede.

 

Sy was ’n jong en onervare meisie, verloof aan Josef en nog ʼn maagd. Skielik het sy gevind sy is swanger, sonder dat sy seksueel aktief was. Dit moes ’n geweldige skok en verleentheid gewees het!

 

Kan jy dink hoe die tonge geklap het? Ek is seker Maria is deur baie eensame nagte met die geheimsinnige baba groeiend in haar buik. Kan jy jou indink in die gevoel van verwerping wat sy moes ervaar het? Hulle is die aand van die geboorte by die herberg weggewys. Maria is genoodsaak om alleen in ’n stal deur die geboorteproses te worstel. Daar was nie kleertjies vir die baba nie; sy moes Hom in doeke toedraai.

 

Tog het Maria tydens hierdie geheimsinnige gebeurtenis kop gehou en nooit in opstand gekom nie. Sy het besef sy was deel van baie ongewone omstandighede en sy het God met sy groot plan vertrou. Maria was stil en in die agtergrond. Sy het geluister na al die gerugte

en die gegons en verkies om by haarself daaroor na te dink.

 

Daar is ’n groot les in lewenswysheid wat ons by Maria kan leer. Leer om fyn te luister en na te dink oor die ongewone dinge in jou lewe. Die Here sal alles volgens sy tydsberekening aan jou verklaar.

 

Bruisgebed vir wysheid: Hemelse Vader, help my om, soos Maria, in stilte na te dink oor die ongewone dinge wat ek nie verstaan nie. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed