Boodskap vir Vandag

Search

Nee

Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte

besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ’n getuie van lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.

– Spreuke 6:16-19

 

Wanneer ons nee sê vir iets weier ons die aanbod om in iets in te koop of iets te doen. Om getroue volgelinge van Jesus te wees is dit net so belangrik om nee te kan sê vir die verkeerde dinge as wat dit is om ja te sê vir die regte dinge.

 

Die Here vestig ons aandag op sewe dinge wat Hy haat en Hy vra sy kinders om saam met Hom nee te sê daarvoor.

 

Die Here haat trotse oë – oë wat neersien op ander mense. Met watter oë kyk jy na ander?

 

Die Here haat ’n tong wat lieg. Hoe klink die woorde wat jou tong uitspreek? Is jy bereid om nee te sê vir leuens?

 

Die Here haat hande wat onskuldige bloed vergiet. Dit geld ook vir karaktermoord op onskuldige mense.

 

Die Here haat ’n onsuiwer hart wat onheilsplanne planne beraam. Hoe lyk jou hart? Wat dra jy in jou hart om?

 

Die Here haat voete wat haastig na kwaad toe hardloop. Is jy een wat graag kwaad stir? Of probeer jy vrede maak waar jy gaan?

 

Die Here haat vals getuienis. Versprei jy leuens en skinderpraatjies oor ander? Of is jou woorde opbouend en liefdevol?

 

Dit is vir die Here ’n gruwel wanneer iemand doelbewus ’n vriendskap verbreek deur bose saad te saai.

 

Wil jy bruistablette in ons land uitdeel? Sê dan nee vir hierdie gifpille wat ’n gruwel in die Here se oë is.

 

Bruisgebed vir Christene: Here Jesus, ek bely my sondige natuur. Ek commit my om nee te sê vir alles wat ’n gruwel in u oë is en wat die Heilige Gees bedroef. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed