Boodskap vir Vandag

Search

Neem ter harte wat gebeur

Julle het ‘n groot oes verwag en min gekry… Waarom? vra die Here die Almagtige. Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk (Haggai 1:9).

Dit ís nou eenmaal so: Wanneer dinge ekonomies en polities swaar of sleg begin gaan, sorg mense gewoonlik eerste vir hulleself.

Só was dit ook in die tyd van die profeet Haggai.

Die terugkeer uit Babilon was vir die volk van Israel destyds ‘n belangrike gebeurtenis. Selfs ‘n grootse wending. Met verwagting het hulle uitgesien na ‘n nuwe toekoms. Maar, byna soos met ons, het die reënboognasie nie gerealiseer nie. Van die groot dinge wat hulle verwag het – ‘n bloeiende ekonomie, groot oeste, sosiale stabiliteit, meer gelykheid en vrede – het niks gekom nie (Haggai 1:9).

Boonop was God se tempel nog ‘n puinhoop, selfs al was daar planne om dit te herbou.

Presies hieroor vat die profeet Haggai die volk dan ook aan. Dít is sy gróót boodskap, dat hulle in ‘n tyd van onsekerheid en ontnugtering die één belangrike saak vergeet het: om naby God te bly, God se wil en eer bo alles te bly soek. Want terwyl God se huis in puin gelê het, so beskuldig Haggai die volk, het hulle uitsluitlik vir hulleself begin sorg, onder andere groot, deftige huise gaan bou (Haggai 1:4).

Presies dít, hierdie verwaarlosing van God se saak, so beweer Haggai verder, is die groot rede vir hulle ontnugtering. En waarom die land steeds kreun en dinge nie is soos hulle gehoop het nie.

Geen wonder nie Haggai begin sy profesie met die woorde: “Neem ter harte wat met julle gebeur “(Haggai 1:5). Of soos Eugene Peterson dit vertaal: “Take a good, hard look at you life. Think it over.”

Is dit nie ook woorde wat ons vandag moet hoor nie?

O Here, vergewe ons dat ons in tye van swaarkry U vergeet en net vir onsself sorg. Kom, Heilige Gees, keer ons opnuut na God. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed