Boodskap vir Vandag

Search

Neem ter harte wat gebeur

Julle het ‘n groot oes verwag en min gekry… Waarom? vra die Here die Almagtige. Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk (Haggai 1:9).

Dit ís nou eenmaal so: Wanneer dinge ekonomies en polities swaar of sleg begin gaan, sorg mense gewoonlik eerste vir hulleself.

Só was dit ook in die tyd van die profeet Haggai.

Die terugkeer uit Babilon was vir die volk van Israel destyds ‘n belangrike gebeurtenis. Selfs ‘n grootse wending. Met verwagting het hulle uitgesien na ‘n nuwe toekoms. Maar, byna soos met ons, het die reënboognasie nie gerealiseer nie. Van die groot dinge wat hulle verwag het – ‘n bloeiende ekonomie, groot oeste, sosiale stabiliteit, meer gelykheid en vrede – het niks gekom nie (Haggai 1:9).

Boonop was God se tempel nog ‘n puinhoop, selfs al was daar planne om dit te herbou.

Presies hieroor vat die profeet Haggai die volk dan ook aan. Dít is sy gróót boodskap, dat hulle in ‘n tyd van onsekerheid en ontnugtering die één belangrike saak vergeet het: om naby God te bly, God se wil en eer bo alles te bly soek. Want terwyl God se huis in puin gelê het, so beskuldig Haggai die volk, het hulle uitsluitlik vir hulleself begin sorg, onder andere groot, deftige huise gaan bou (Haggai 1:4).

Presies dít, hierdie verwaarlosing van God se saak, so beweer Haggai verder, is die groot rede vir hulle ontnugtering. En waarom die land steeds kreun en dinge nie is soos hulle gehoop het nie.

Geen wonder nie Haggai begin sy profesie met die woorde: “Neem ter harte wat met julle gebeur “(Haggai 1:5). Of soos Eugene Peterson dit vertaal: “Take a good, hard look at you life. Think it over.”

Is dit nie ook woorde wat ons vandag moet hoor nie?

O Here, vergewe ons dat ons in tye van swaarkry U vergeet en net vir onsself sorg. Kom, Heilige Gees, keer ons opnuut na God. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed