Boodskap vir Vandag

Search

Om eers te luister

Ek moes luister terwyl U praat … (Job 42:3)

Die boek Job waarna ons die afgelope weke gekyk het, eindig op ‘n aangrypende toon.

Waar Job vroeër heftig met God gestry en getwis het, is daar skielik ‘n houding van groter inskiklikheid en aanvaarding.

Dit word allereers duidelik in die manier waarop Job as ‘t ware plekke ruil met God. Want tot vóór hierdie oomblik was God in die beskuldigdebank. Het Job God byna blindelings bestorm en met sy vrae probeer vaskeer.

Totdat dit tot hom begin deurdring het dat God se weë inderdaad hoër is as wat hy ooit sou kon peil. Ook dat God te midde van die felste lyding steeds by hom was. Steeds met hom bly praat het.

En dan buig Job met dié woorde: “Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie. Ek moes luister terwyl U praat …” (Job 42:3-4).

Iemand beskryf hierdie ommekeer by Job soos volg: “Job lê op dié punt die rol van voortvarende leermeester af en word ‘n nederige leerling. Iemand wat nie langer opstandig aandring op antwoorde nie, maar bereid is om stil te word en te luister.”

En daarná eers te praat.

Miskien is dít ook die punt waar ons moet begin wanneer die vraagstukke van die lewe dreig om ons te oorweldig.

Spreek vandag weer Here, ek word nou stil en ek luister. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed