Boodskap vir Vandag

Search

Om groot te word

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe (Efesiërs 4:15).

Om ons ware roeping as gelowiges uit te leef en ander sonder reserwe of kwalifikasie lief te hê, is nie enige mens beskore nie.

Dit verg, volgens Paulus in Efesiërs 4, ‘n bepaalde soort volwassenheid.

Dit vra dat ons nie meer impulsief, onvoorspelbaar en manipuleerbaar soos kinders sal wees nie, maar gróót of volgroeide mense sal word (Efes 4:13-14).

Groot mense is mense wat beskeie en afhanklik is. Wat hulle, aldus Paulus, gedurig laat oorrompel en verras deur Christus se liefde vir alle mense. Hierdie liefde word uiteindelik die onmisbare voedingsbron van hulle lewe, die bodem waarin hulle lewe wortelskiet, groei en opbloei (Efes 3:17-18).

Sodat hulle, in Paulus se woorde, met die tyd volmaak en volwasse soos Christus kan word. Of anders gestel: Iets van Christus self, van sy liefde en geduld, sy vergifnis en vrygewigheid begin afspieël.

Hierdie oefening in volwassewording, so blyk dit uit Efesiërs 4, is egter nie iets wat ons op ons eie kan of hoef aan te pak nie. Nee, dit geskied altyd in gemeenskap met ander, daar waar ons as lede van Christus se liggaam mekaar daagliks met vriendelikheid ontvang, leer respekteer, vergewe en verdra (Efes 4:2-4).

Só oefen ons nie net om groot te word nie, maar bou ons ook aan daardie band of eenheid wat tussen alle mense bestaan.

O Here, help my vandag weer om groot te word en in u liefde te groei. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed