Boodskap vir Vandag

Search

Om jou te skaam vir die evangelie

“Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele …” (Markus 8:38).

Nóg ‘n manier om die kruisweg van Jesus te ontduik, is om jou te skaam vir dié Man en sy ongewone boodskap en pad.

Soos Petrus later by die vuur (Luk 22:54-62), kan dit ‘n verleentheid, selfs ‘n gevaar word om met Jesus en sy saak geassosieer te word. Veral wanneer dit blyk dat sy weg ‘n skynbare doodloopstraat is wat jou boonop jou reputasie, vriende en selfs jou lewe kan kos.

As moderne mense wat vertroud is met die kritiese debatte oor die godsdiens, ook weet van die negatiewe houding waarmee baie mense vandag die kerk en Christendom bejeën, ken ons dié dilemma.

Hoe ‘n mens vir die saak van Christus skaam kan word. En daarom liewer swyg, wegstap, ontken – nie langer die lus, vrymoedigheid of taal het om soos Paulus sonder skroom en terughouding te sê: “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding …” (Rom 1:16).

O Here, help ons vandag om opnuut die krag van die evangelie te ontdek, te beproef en sonder skaamte te deel. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed