Boodskap vir Vandag

Search

Om te behoort kom eerste

Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie (Johannes 10:26).

‘n Dissipline wat ek graag wil aanbeveel, is dat ‘n mens elke week ‘n waarheid of ‘n teks sal vind waaruit jy, ten minste dan vir daardie week, kan gaan leef.

Dit moet ‘n teks wees wat jou so inspireer en opgewonde maak dat jy dit graag met ander wil deel.

Verlede week was my teks uit Johannes 10:22-30 waar Jesus ‘n skare Jode tereggewys het omrede hulle alles ontvang het wat hulle kon help om in Hom te glo: sy woorde, beloftes en veral ook sy dade. “Maar,” so hoor ons Jesus dan opmerk, “julle glo nie omdat julle nie van my skape is nie” (Joh 10:26).

Hoor julle hierdie groot waarheid wat in die teks gesuggereer word? Dit is dat geloof allereers ontstaan en groei vanuit die moed om betrokke te raak, dit wil sê vanuit ‘n doelbewuste keuse om te behoort, om deel te wees van Jesus se kudde, in te skakel by dié groep wat sy pad loop.

Hierdie keuse kom altyd eerste op die pad van die geloof.

Pragtig verwoord die vroulike teoloog, Debie Thomas, hierdie waarheid:

“According to this text, whatever belief I arrive at in this life will come not from a creed or a cleverly worded sermon, but from the daily, hourly business of belonging to Jesus’ flock — of walking in the footsteps of the Shepherd, living in the company of fellow sheep, and listening in real time for the voice of the one whose classroom is rocky hills, hidden pastures, and deeply shadowed valleys.  If I won’t follow him into those layered places — places of both tranquility and treachery — I will never belong to him at all.”

Jy moet tog saamstem, dít is ‘n wonderlike waarheid!

Here, dankie dat ons deel kan wees van u kudde, dat ons mag behoort. Help ons om vandag weer te ontdek hoe dit ons geloof kan versterk. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed