Boodskap vir Vandag

Search

Om te midde van storms steeds te glo.

Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword (Matteus 8:26).

Nou saam met Jesus se vraag in Markus 4:40 oor waarom sy dissipels bang is, loop ‘n volgende vraag: “Het julle dan nie geloof nie?”

Met dié vraag staan ons by die hart van die verhaal.

Want dít is waarom dit in die storie gaan: dat Jesus se dissipels – en natuurlik ons ook – te midde van die storms, die terugslae en verskrikkinge van die lewe, nie moed of geloof sal verloor nie.

In Matteus se weergawe van dieselfde storie, is dit dan ook die fokus. Anders as Markus waar Jesus éérs die storm stilmaak en dán die vraag na hulle geloof opper, laat Matteus die vraag na geloof opklink, terwýl die storm aan die gang is (Matt 8:26).

En dít is die punt: dat ons as volgelinge van Jesus moet leer om te midde van die storms, terwyl die winde tier en die golwe raas, ja, terwyl die angs styg, sal bly vertrou dat die God van Jesus in beheer is en ons nooit sal begewe of verlaat nie.

En ons mág maar hierop vertrou. Want dieselfde storie vertel hoe Jesus, amper as ‘n soort demonstrasie van sy mag, kort daarna die storm tot bedaring gebring het (Matt 8:26).

O Here, ons geloof is só klein. Gee ons vandag méér en groter geloof. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed