Boodskap vir Vandag

Search

Om te onthou

Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel (Lukas 24:8).

Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord (Ps 119:148).

Dikwels in die Bybel wanneer mense die gevaar loop om hulle geloof te verloor, word hulle aangemoedig om te onthóú.

Om die herinnering aan God se dade in hulle lewe, ook aan sy beloftes vir die toekoms, wákker en lewendig te hou.

Israel is meermale daartoe opgeroep (Deut 4). Ook later, ná Jesus se dood, toe die vroue hartseer en met dowwe oë by die graf opgedaag het, word hulle meegedeel: “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe hy met julle gepraat het …” (Luk 24:6-7).

En dan lees ons: “Toe het hulle sy woorde onthou …” (Luk 24:8).

Wat daarna volg, is dat hulle met nuwe geloof en entoesiasme en – so kan ‘n mens jou amper voorstel – met laggende oë, alles gaan vertel het wat hulle gesien en beleef het.

Ook hoe dit alles skielik sin gemaak en geklop het met die woorde en beloftes wat Jesus self vroeër aan hulle gegee het (Luk 24:6-7).

‘n Vrou vertel onlangs hoe hierdie Bybelse verhale en getuienisse en die beloftes wat daarin opgesluit is, haar nog steeds in krisisoomblikke help.

In haar woorde:

“Ek skrik dikwels in die nag wakker met angs en bekommernis. Dit is of die donker stemme van die lewe dan hárder en méér bedreigend met my praat. In sulke oomblikke onthou ek die Bybelse tekste wat ek oor jare geleer het en wat my nog altyd in tye van nood getroos en versterk het. Trouens, diep in die nag sê ek hulle op. En só besweer ek die donker stemme. Laat ek toe dat God self deur sy Woord my bemoedig en lei.”

Die herinnering, ja, die onthou, kan ons inderdaad, soos in die geval van dié vrou, help.

Maar dan moet ons ag slaan op hierdie Bybelse getuienisse van nuwe hoop en lewe te midde van donkerte en dood. Ons moet dit gereeld lees, oordink en só deel van ons lewe maak.

Onse Here, help ons vandag weer om te midde van ons besige lewe u woorde van troos en bemoediging te onthou. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed