Boodskap vir Vandag

Search

Onderskeiding

Daarom het die Jode Jesus probeer vervolg, net omdat Hy dit op ’n Sabbat gedoen het. Maar Jesus het teenoor hulle reageer: “My Vader werk tot nou toe, en ook Ek is aan die werk.” Daarom het die Jode hulle nog meer beywer om Hom dood te maak.

– Johannes 5:16-18

 

Die Fariseërs was aan die buitekant vol mooi geestelike woorde en welvoeglike gedrag. Dit is egter kunsmatig aangewend en het nie uit hulle innerlike voortgevloei nie. Aan die binnekant was hulle harte kliphard en berekend. Mense probeer vandag steeds ander met hulle godsdienstig korrekte gedrag aan die buitekant manipuleer terwyl hulle eintlik bose planne beraam.

 

Die wetgeleerdes het Jesus gereeld probeer uitvang sodat hulle Hom kon vervolg. Jesus was egter nie blind vir hierdie manipulasie nie. Hy het goddelike onderskeidingsvermoë gehad en kon valsheid en boosheid onmiddellik agter die maskers identifiseer.

 

Het jy dieselfde goddelike onderskeidingvermoë? Kan jy situasies vinnig opsom en onderskei wat reg is om te doen? Kan jy mense ook opsom en onderskei watter soort gesindheid in hulle is?

 

Party van ons word gereeld mislei deur die heuningsoet woorde wat oor ander se lippe rol, maar dan kom ons later tot die skokkende ontdekking dat hulle glad nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Inteendeel, hulle is net mooi die teenoorgestelde.

 

Ná ’n paar harde lesse het ek geleer om beter onderskeidingvermoë aan te kweek. Ek het geleer om ag te slaan op die stil stemmetjie binne-in my. Hierdie stemmetjie, het ek ontdek, is die stem van die Here wat sy kinders teen gevaar waarsku. Maak gebruik van hierdie

waardevolle goddelike leiding op jou pad deur die lewe.

 

Bruisgebed vir onderskeidingvermoë: Here, leer my om na die stil stemmetjie van waarheid binne-in my te luister – eerder as na soet woorde wat eintlik vals is. Ek wil u stem in my lewe volg.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed