Boodskap vir Vandag

Search

Ons benodig ‘n nuwe sleutel

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word (Matteus 5:9).

Dawid se passiewe optrede en Absalom se daad van vergelding ten opsigte van die verkragting van Tamar, is maar twee maniere – albei bedenklik – om onreg te hanteer.

Daar is ook ander, méér vrugbare maniere.

Die een is om, soos ‘n goeie joernalis, die onreg voortdurend uit te wys en op die naam te noem. Ook daarteen te bly protesteer – weliswaar vreedsaam, maar dan beslis, openlik en duidelik.

Daarmee saam moet weë bedink word om die onreg op konstruktiewe en hoopvolle maniere reg te stel. Hetsy deur daarvoor te vergoed, of deur daadwerklike tekens van vrede en geregtigheid op te rig – tekens wat nuwe hoop en lewe in ons gewelddadige samelewing kan blaas.

Die bekende dirigent en klavierspeler, Daniel Barenboim, gebruik ten opsigte van dié uitdaging ‘n wonderlike musiekbeeld en noem dit ‘n “nuwe sleutel” waarin ons moet leer speel. Om die daad by die woord te voeg, het hy die afgelope jare ‘n nuwe jeugorkes, bestaande uit Jode én Palestyne, gestig.

En só ‘n brug van vrede in ‘n erg verdeelde land begin bou.

O Here, maak van ons vredemakers. En help ons om op ‘n positiewe manier by klein dade van hoop te begin. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed