Boodskap vir Vandag

Search

Ons bestemming

Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou (Johannes 15:16).

Die bestemming van die mens, die doel waarom en waarvoor ons hier op aarde is, word in die Bybel op verskillende maniere beskryf.

Dit gaan volgens die Prediker daarom dat ons die lewe as ‘n grootse gawe sal bly ontvang en geniet (Prediker 3:12-13). Of soos die Psalms dit stel: Dat ons God elke dag vir hierdie gawe sal bly loof en prys (Ps 144-150). Wat onder andere beteken dat ons God se droom vir ons lewe, sy goeie wil ‑ soos Christus dit bekend gemaak het ‑ sal bly soek en naleef (Matt 7:21).

Daar is inderdaad meer as een manier om die bedoeling van ons lewe op aarde te beskryf.

Uiteindelik gaan dit daarom dat ons ʼn vrugbare lewe sal lei ‑ een waarin God se genade en liefde tot volle bloei en rypheid in ons lewe sal kom, méér as net ons eie ambisies en ideale. Dít is waartoe Christus ons uitgekies en aangestel het. Só herinner Johannes ons (Joh 15:16).

Ja, dit is ‘n lewe waarin die Gees van God iets van Christus self in ons lewe gestalte begin gee. Sodat ons lewe nie droog, leeg of sinloos sal wees nie, maar eg, sprankelend, diensbaar, nuttig ‑ selfs verrassend vars en alternatief.

Net soos Christus s’n was.

O Here, ons lewe voel baie dae so leeg en sonder betekenis. Leer ons vandag weer deur u Woord wat dit beteken om ʼn vrugbare lewe te lei. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed