Boodskap vir Vandag

Search

Ons is bestem tot vrugbaarheid

Dit gaan goed met die mens … wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ʼn boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra (Psalm 1:1-3).

Daar is ʼn gebed wat ek dikwels bid.

Dit kom uit Psalm 119:37 en lui: “Weerhou my van ʼn nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.”

In die nuutste vertaling van dié psalm word hierdie soort lewe gekoppel aan ons neiging om ons met waardelose dinge besig te hou, om letterlik, soos die vertaling lui, na nuttelose dinge te bly staar, om ons blik en aandag gedurig daardeur in beslag te laat neem.

Geen wonder Eugene Peterson vertaal vers 37 soos volg nie: “Divert my eyes from toys and trinkets, invigorate me on the pilgrim way.”

Teenoor ʼn nuttelose lewe staan die uitnodiging om, op die voetspoor van Christus, ʼn vrugbare lewe te lei. Dit is dan ook presies waarop die gelykenis van die saaier mik. Dat Christus se werk in ons nie verniet sal wees nie. Dat sy woord, soos saad wat op goeie grond val, ingang in ons lewe sal kry. En dat ons lewe sal word soos ʼn boom wat by waterstrome geplant is.

Dit is tog moontlik vir hulle wat ernstig daarvoor bid, en dan ook kies om te leef op die weg wat God in sy woord vir ons aanwys.

O Here, bewaar my van ʼn nuttelose lewe. Maak my vandag weer getrou aan u Woord sodat ek vrugbaar sal leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed