Boodskap vir Vandag

Search

Ons is nie meer ge-áárd nie

Luister hierna, Job, staan stil en dink na oor die wonderdade van God (Job 37:14).

Onlangs, in haar gereelde onderhoud met die plantkundige, Dave Pepler, vra die radio-omroeper, Amoré Bekker, ‘n onverwagse vraag.

Dit lui: “Waarom het ‘n mens die indruk dat die jongmense vandag minder vir die natuur omgee?”

Die vraag is vreemd, want daar is tog talle jongmense wat ekologies bewus en besorg is, wat ook méér as ‘n vroeëre geslag, ‘n gesonde leefwyse najaag.

En tog beaam Dave Pepler sonder skroom Amoré se vermoede.

Sy rede: “Omdat ek sien hoe hulle nie langer ge-áárd is nie.”

Volgens hom het ‘n vroeëre geslag veel nader aan die grond of aarde geleef as óns geslag. Hulle het in gronddamme geswem, berge geklim, plante en insekte versamel, tuin gemaak, boom geklim, boomhuise gebou en selfs koeie gemelk.

Dié besonderse band bestaan, aldus Pepler, nie meer nie, of is in elk geval totaal afgeswak. Hierin, so voer hy aan, speel die moderne inligtingstegnologie ‘n groot rol. Sodat die huidige geslag se ore en oë is nie meer, by wyse van spreke, op die berge of die omgewing gerig nie, maar in die virtuele ruimtes van selfone, e-lesers en rekenaars vasgevang is.

Méér as wat ons besef, is ons vandag van ons natuurlike omgewing vervreem, van God se goeie skepping.

As oplossing stel Pepler ‘n nuwe opvoedingsprogram voor, een waarin ons deeglik aan die omgewing blootgestel word, met name die wonderwêreld van die natuur. Soos met ‘n goeie vriend, moet ons die name en die geskiedenis van die natuurlike elemente, van die talle diere en plante rondom ons, leer ken.

Alleen só sal ons ons diepe afhanklikheid van en waardering vir ons enigste natuurlike lewensbron herwin.

O, Here, laat ons vandag, al is dit net vir ’n oomblik, ons selfone wegsit, ons rekenaar afsit en ons oë opslaan om u wonders in alles rondom ons te herken.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed