Boodskap vir Vandag

Search

Ons mag maar twyfel

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? (Psalm 42:12).

Die verhaal van Thomas, die twyfelaar, in Johannes 20:24-31 bevat ‘n paar belangrike en troosvolle lesse.

Die eerste is dat die Bybel ruimte maak vir twyfelaars, en nie eerlike soekers of mense wat sukkel om te glo summier afskiet nie.

Thomas is maar een van vele in die Bybel wat ‘n probleem met geloof gehad het.

Luister net na Sara, die vrou van die geloofsvader Abraham – hoe skepties en ongelowig sy lag wanneer God haar ‘n kind in haar oudag beloof (Gen 18:12).

Hoor die Prediker wat alles in die lewe beproef het, en dan sinies opmerk: “Alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind” (Pred 2:17). Of die psalmdigter wat onophoudelik kerm: “Waarom is ek so in vertwyfeling?” (Ps 42:12).

Die voorbeelde herinner ons daaraan dat twyfel en ongeloof baie oorsake het.

Die psalmdigter byvoorbeeld begin twyfel wanneer sy wêreld op ‘n dag in duie stort en God skielik onverskillig, selfs onbetrokke en afwesig skyn te wees.

Ander weer word met ‘n kritiese en skeptiese gees, ja, selfs met ‘n donker gemoed gebore. Of hulle kry dit met hulle opvoeding in.

Thomas lyk of hy in laasgenoemde kategorie te val. Wanneer Lasarus sterf, is sy spontane reaksie dié van vertwyfeling en fatalisme (Joh 11:16). Wanneer Jesus praat van weggaan, is hý die een met allerlei vrae (Joh 14:5). En nou, wanneer die dissipels hom meedeel dat hulle Jesus gesien het, kom sy twyfel en skeptisisme sterker as ooit na vore.

Luister net: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie” (Joh 20:25).

Thomas se reaksie is natuurlik geensins onbekend nie. Hoeveel van ons soek nie ook na méér sekerheid en méér klinkklare “bewyse” nie?

Hoe troosvol is dit nie om dan te weet nie: Thomas en al die ander se vraagtekens staan in die Bybel. Wat beteken: Twyfel beteken nie noodwendig die einde van ons geloof nie.

Dit kan selfs die voorspel tot ‘n nuwe begin wees.

O, Here, ons wil so graag glo, kom ons ongeloof vandag weer te hulp! Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed