Boodskap vir Vandag

Search

Ontmoeting met ’n opdrag

Die Engel van die Here het vir Hagar ontmoet by ’n fontein in die woestyn, die fontein langs die pad na Sur toe, en vir haar gevra: “Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?” Toe antwoord sy: “Ek loop van my eienares Sarai af weg,” en die Engel van die Here sê vir haar: “Gaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag” – Genesis 16:7-9.

Sarai, Abram se vrou, het haar slavin Hagar geminag nadat sy swanger geword het toe Sarai haar aan Abram as byvrou gegee het. Sy het Hagar weggejaag, en laasgenoemde het na die woestyn gevlug. Haar vernedering was te groot en haar omstandighede onuithoudbaar.

By ’n fontein in die woestyn ontmoet sy egter ’n engel wat haar beveel om na haar meesteres terug te gaan. Sy gehoorsaam – hoe moeilik ook al.

’n Mens kan jou net die absolute vernedering met haar terugkeer indink. Sy het geweet dat haar omstandighede slegter as tevore sou wees. Nogtans was sy aan die engel se opdrag gehoorsaam.

God ontmoet ons soms in die woestyn wanneer ons ’n absolute laagtepunt bereik het. In plaas van ’n sigbare oplossing stuur Hy ons terug na ons swaarkry-omstandighede. God het iets groters in gedagte. In sy allerwysheid sien Hy die hele prentjie van ons lewe. Hy weet wat Hy doen.

Ons moet gehoorsaam.

Al weet ons nie wat God in gedagte het nie is blindelingse vertroue en gehoorsaamheid aan sy opdrag die vrugte van wysheid. Dit bevestig dat ons glo God weet die beste, al sien ons slegs woestynsand rondom ons.

Here, ek wil ook in my woestyntye volledig op U vertrou. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed