Boodskap vir Vandag

Search

Onwankelbaar getrou

Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet; wie omsien na sy werkgewer se belange, sal daarvoor eer ontvang – Spreuke 27:18.

Die Hebreeuse woord vir getrouheid is emet wat ook vertaal kan word as “waarheid”. Dit is verwant aan die woord “amen” wat beteken: “Dit is die waarheid. Dit staan vas.” In die Bybel word getrouheid dus verbind met die gedagte dat iets onwankelbaar is.

’n Betroubare mens is iemand op wie jy kan staatmaak. Hy is eerlik en kom sy beloftes na. Van nature is ons egter onbetroubaar en geneig om die waarheid te verdraai, of nie te hou by ’n belofte nie.

Dit was reeds in Bybelse tye ’n probleem om ware betroubare mense te vind. Salomo skryf in Spreuke 20:6: “Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan ’n werklik betroubare mens vind?”

Wanneer ’n kind tuis leer om in die klein dingetjies getrou te wees, word dit ’n beginsel waarvolgens hy lewe. Sy woord is sy eer. Sy “ja” is sy “ja”. Kortom, hy is iemand op wie ander kan reken.

’n Betroubare mens is ’n aanwins vir die samelewing. In ons huise, werkplekke en breë gemeenskap moet ons op mekaar kan staatmaak en absoluut vertrou. Ons mag nie ’n belofte nakom net wanneer dit ons pas nie. Wanneer ons belowe om terugvoering oor ’n saak te gee, moet ons dit doen. Wanneer ons vir iemand sê: “Ontspan. Ek sal self sorg dat die werk afgehandel word,” moet die persoon kan ontspan.

God is getrou. Hy laat niemand in die steek nie. Ek moet by Hom leer hoe ware getrouheid lyk.

Here, maak my getrou in die kleinste dingetjies. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed