Boodskap vir Vandag

Search

Oorloop van melk en heuning

Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek – Psalm 19:10b-11.

God se voorskrifte en bepalings is soeter as heuning, skryf Dawid in Psalm 19. Heuning is suiwer. Daar is niks bygevoeg om dit soeter te maak nie. Ook word dit nie verdun sodat dit langer kan hou nie.

God se voorskrifte word nie as rigied en streng voorgestel nie, maar as soet en aangenaam. Sy gebooie is daar om ons lewensgehalte te verbeter. Dit wil ons versterk en help om met vreugde te lewe. Daarsonder is ons lewe sonder hoop en rigting.

Die eienaar van ’n onderneming wat ’n groot verskeidenheid byeprodukte vervaardig, vertel: “Met my ouers se troue het my oupa ’n byekas aan my pa gegee en gesê: ‘Jy is te arm om jam op my dogter se brood te sit. Hier is ’n byekorf. Nou kan jy heuning op haar brood sit.’” In Eksodus 3:8 sê die Here: “Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ’n goeie en uitgestrekte land, ’n land wat oorloop van melk en heuning.”

Die Here, die God van Israel, is ook ons God. Gister en vandag en tot in ewigheid. Hy het vir ons die pad na ’n nuwe lewe saam met Hom in die Beloofde Land oopgemaak.

Ons hoef nie vir ééndag te wag nie. Ons kan nou reeds woon in die land wat oorloop van melk en heuning.

Here, leer my en voed my met u wysheid. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed