Boodskap vir Vandag

Search

Oorskiet

Hulle het almal geëet totdat hulle genoeg gehad het. Later het hulle twaalf mandjies vol oorskietbrood en -vis opgetel. ’n Volle 5 000 mans het van daardie vyf brode geëet!

– Markus 6:42-44

 

Daar is ’n groot gaping tussen rykes en armes. Tussen dié wat te veel het en dié wat te min het. Tussen dié wat gelukkig is met ’n familie en genoeg liefde en ondersteuning en dié wat vergaan in hulle eensaamheid.

 

Die meeste van julle wat hier lees, het heel waarskynlik genoeg – dalk selfs meer as genoeg. Wat doen jy met jou oorskot uit die Here se hand? Wat doen jy met jou oorskietkos? Wat doen jy met jou oorskietgeld, jou oorskiettyd? Jou oorskietliefde en jou oorskietgawes? Deel jy dit uit? Laat jy dit net daar lê om te vergaan? Of krap jy dit uit in ’n drom om weggegooi te word?

 

Wanneer ons weer die verhaal lees van Jesus wat die brood en die vis vermeerder en meer as 5 000 mense kos gegee het, word ons herinner dat hulle die oorskietkos opgetel het. Die oorskiet is nie vir die voëls gelos nie. Daar was altesaam 12 mandjies vol oorskietkos.

 

Ek glo nie hierdie 12 mandjies kos is weggegooi nie. Die feit dat die mense dit opgetel en verpak en getel het, dui aan dat dit later nuttig gebruik is – om weer kos te gee aan dié wat honger was.

 

Hoeveel mandjies oorskiet kan jy verpak sonder om self skade te ly? Wat het jy om te gee om die sielshongeres mee te voed? Het jy dalk ’n mandjie oorskiettyd om uit te deel? Dalk ’n mandjie oorskietliefde? Alle oorskiet is bruikbaar vir die Here. Maak seker jy vermors nie jou

oorskiet nie.

 

Bruisgebed vir oorskiet: Vader, ek is so ryklik geseën. Help my om al my oorskot uit te deel aan dié wat nie het nie. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Van wagtyd tot verwondering: Die grootste lesse wat infertiliteit ons geleer het
5 November 2026
KinderKersKous | Gee ’n kind die geskenk van ’n Bybelstorie
2 November 2026
KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 Oktober 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.