Boodskap vir Vandag

Search

Oorwinnaar

Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons

wees? . . . Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

– Romeine 8:31, 37

 

Suid-Afrika is ’n land wat besonder baie van sport hou, veral rugby. En laat ons nie doekies omdraai nie, ons almal verkies wenners bo losers. Ons juig wanneer die Bokke as oorwinnaars uit die stryd tree. Vir verloorderspanne het ons minder ooghare. Wanneer ons span verloor, hang daar ’n begrafnisatmosfeer in die lug.

 

Niemand is egter in elke toets, uitdaging of wedstryd elke keer die aardse oorwinnaar nie. Ons almal verloor soms. En soms verloor ons ’n baie ernstiger stryd as ’n rugbywedstryd – ’n stryd wat ’n baie groot negatiewe invloed op ons lewe kan hê.

 

Dalk ly jy aan ’n ernstige siekte en jy verloor jou gesondheid, krag en mobiliteit. Of miskien is jy onlangs afgedank as die enigste broodwinner in die familie. Jy verloor ook die finansiële sekuriteit wat daarmee gepaardgegaan het. Dalk voel jy soos ’n total loser terwyl jy (weer) deur ’n egskeiding gaan.

 

Miskien sukkel jy om die opdragte by jou nuwe werk te verstaan en uit te voer. Dalk voel jy nie soos ’n oorwinnaar nie omdat jy 20 kg oorgewig is. Miskien voel jy soos ’n loser wanneer mense aanhoudend jou kreatiewe idees afskiet.

 

Tog sê die Here sy kinders is altyd en in alle omstandighede oorwinnaars. Hoekom? Omdat Hy ons altyd en in alle omstandighede liefhet. Hy bekroon ons elke dag as wenners met sy omgeeliefde – ook wanneer ons losers in ander mense se oë is.

 

Bruisgebed vir wenners: Hemelse Vader, dankie vir die voorreg om ’n geliefde kind van U, die Allerhoogste, te wees en dat hierdie wete my ’n wenner in alle omstandighede maak.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed