Boodskap vir Vandag

Search

Ouers

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.”

– Eksodus 20:12

 

Ons almal het ouers. Ons kom nie in hierdie wêreld in sonder ʼn biologiese ma en ’n biologiese pa se aandeel in ons lewensverhaal nie. Dit is aan hulle samesmelting te danke dat jy as ’n nuwe mens met nuwe potensiaal op hierdie aarde gebore is.

 

Dalk is jy bevoorreg om liefdevolle ouers te hê wat nog albei leef. Of dalk is jou ouers oorlede, maar jou hart se stoorkamer is vol wonderlike herinneringe aan hulle. Dan is die woorde “eer jou vader en jou moeder” vir jou maklik om uit te leef.

 

Ons almal word egter nie in veilige ouerhuise met koesterende ouers groot nie. Party volwassenes dra jare lank swaar aan die letsels van ’n afbrekende huis van herkoms. Vir sulke mense is hierdie gebod baie moeilik om uit te leef.

 

Ouers het ’n diep inspraak in ’n jong kind se groei en ontwikkeling. Hulle opvoeding is soos goeie bemesting … of soos vernietigende gif. ’n Kind wat in ’n stabiele en liefdevolle ouerhuis grootword met die nodige ondersteuning, aanmoediging en dissipline het ’n voorsprong bo dié kind wat sonder hierdie geestelike en emosionele voeding ʼn pad deur die lewe moet vind.

 

Ons elkeen het egter wel die volmaakte hemelse Ouer wat 24/7 tot ons beskikking is. ’n Vader met ’n groot en liefdevolle ouerhart, maar ook ’n Vader wat sy kinders dissiplineer en snoei tot volwassenheid.

 

As jou ouers nie goeie rolmodelle is of was nie, probeer asseblief om self ’n goeie rolmodel vir ander op jou lewenspad te wees. Wanneer ek en jy met die Here se hart van genade na ander mense kyk, is dit makliker om selfs aan onideale ouers ’n bietjie eer te bring.

 

Bruisgebed vir kinders: Vader, help my om my ouers te eer vir al hulle goeie dade, en om genade aan hulle te betoon vir hulle onideale optrede – tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed