Boodskap vir Vandag

Search

Pad

Vir ’n dwaas is net sy eie pad die regte een. Iemand wat wys is, luister na ander se raad.

– Spreuke 12:15

 

Ek moet gereeld vreemde paaie na vreemde plekke aandurf. Dit is my gewoonte om altyd die presiese aanwysings asook ’n kontaknommer in my dagboek te skryf. Ek tik dan die adres in my GPS in. Dit is egter nie ’n waarborg dat ek by die regte plek sal uitkom nie. Wanneer ek wel verdwaal, trek ek van die pad af en bel die persoon om vir my die

pad te verduidelik.

 

Ek was ook al in motors saam met bestuurders wat, soos steeks donkies, geweier het om hulp en aanwysings te vra toe hulle verdwaal het. Hulle het verkies om in sirkels voort te ploeter, eerder as om te erken dat hulle op die verkeerde pad is. Die gevolg was altyd konflik in die motor. Ons almal was natuurlik ook laat en het heel ontsenu by die funksie of byeenkoms opgedaag.

 

Ek wonder altyd hoekom party mense so onontvanklik vir ander se insette in hulle lewe is. Ek ervaar wyse raad en leiding as ’n bron van hulp, nie as iets om oor kwaad te raak nie. As skrywer het ek geleer dat keuringsverslae met kritiek ’n waardevolle geskenk is. Sonder

hierdie insette sou ek as skrywer nie kon groei nie.

 

Hoe voel jy oor teregwysings op jou pad deur die lewe? Is jy oop vir raad en opbouende kritiek? Is jy teachable – of dink jy koppig jóú pad en jóú manier van dink en doen is die enigste regte pad en manier?

 

Die Vader wil ons graag onderrig en reghelp om te groei in wysheid op ons pad deur die lewe. Is jy oop om op jou lewenspad gelei en gestuur te word? Of ploeter jy soos ’n dwaas in sirkels voort?

 

Bruisgebed vir die regte pad: Here, ek stel my hart oop om na U en u leiding te luister, en na die wysheid van mense wat my wil help. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed