Boodskap vir Vandag

Search

Pers

“Julle, Fariseërs, is so versigtig om die buitekant van die koppie en bord skoon te maak, maar binne-in is julle nog smerig – vol inhaligheid en gemeenheid!”

– Lukas 11: 39

 

Pers is die kleur wat gewoonlik met geestelike geleerdheid en ’n hoë geestelike status en ontwikkeling geassosieer word. Geestelike leiers is dikwels in pers geklee en dra ’n pers hooftooisel om hulle as hoogs geleerde heiliges te identifiseer.

 

Die skadukant van die pers is geestelike onsuiwerheid, hoogmoed en valsheid. Vandag se vers wys hoe Jesus oor ’n vals pers hart voel.

 

Hier is ’n baie kwaai Jesus aan die woord, met ’n sterk standpunt oor skynheiligheid teenoor ware heiligheid. Dit is duidelik dat Jesus ’n groot afkeer het aan mense wat aan die buitekant heilig vertoon om ander met hulle geestelikheid te beïndruk, maar in werklikheid ʼn donkerpers skadukant van valsheid in hulle harte verberg.

 

Dikwels nooi ek mense saam kerk toe, maar dan is hulle baie huiwerig en teësinnig om saam met my te gaan omdat daar steeds ’n stigma heers dat baie kerklikes skynheilig is en net kerk toe gaan om geestelik te lyk. Hierdie mense lyk gelowig, maar het eintlik klipharde donkerpers harte van klip.

 

Watter pers kleur is in jou hart? Is dit dieselfde heilige pers van binne én van buite? Of is daar ’n donkerpers skadu van valsheid wat jy onder jou uiterlike wegsteek?

 

Om as Christene te kan toeneem in heiligheid en reinheid, vra dat ons ’n diep persoonlike verhouding met die Here sal ontwikkel en alle skynheilige en leuenagtige gedrag sal afsterf.

 

Bruisgebed vir heiligmaking: Vader, help my om alle valsheid en skynheiligheid neer te lê en te groei in opregtheid en heiligmaking. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed