Boodskap vir Vandag

Search

Plek

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?”

– Genesis 3:8-9

 

Op watter plek is jy tans in jou lewe? Is jy op ’n plek waar jy naby aan die Here voel en elke dag sy teenwoordigheid ervaar? Staan jy oop en deursigtig voor Hom met ’n opregte hart?

 

Of bevind jy jou dalk op ’n plek waar jy vreemd en verwyderd van Hom voel? Jou gebrek aan ’n band en intimiteit met die Here is gewoonlik te wyte aan jou eie keuse om weg te beweeg van Hom af, en nie aan die Here se gebrek aan belangstelling in jou nie.

 

Die Woord herinner ons gereeld om nie ons verhouding met die Here af te skeep nie, maar om proaktief in ons verhouding met Hom te bly: Nader tot My en Ek sal tot jou nader. Klop en Ek sal oopmaak.

 

Wanneer ons nie ’n sterk band met die Here ervaar nie, is dit dikwels omdat ons vir Hom wegkruip soos Adam en Eva nadat hulle van die boom met verbode vrugte geëet het. Let op hoe die Vader na hulle begin soek toe hulle vir Hom probeer wegkruip. Sy eerste woorde is nie gevul met ondertone van verwyt nie, maar met opregte omgeeliefde: “Waar is jy?”

 

Waar is jy vandag terwyl jy hierdie gedeelte lees? Kruip jy dalk ook vir die Here in die skadu’s weg, soos Adam en Eva? Die Here verlang na jou en soek na jou. Kan jy sy sagte stem hoor wat na jou roep: “Waar is jy?”

 

Bruisgebed vir wegkruipers: Here, ek kies vandag om uit my skuilplek te kom en tot in u liefdevolle arms te stap. Hier is ek, Here!

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed