Boodskap vir Vandag

Search

Poeding

Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.

– 1 Timoteus 6:18

 

Is jy ’n poedingeter? Party mense wat ek ken, hou so baie van nagereg dat hulle sommer daarmee wegspring. Hulle is bang hulle mae is te vol ná al die vleis en groente en hulle wil nie die poeding misloop nie.

 

Poeding is vir my ’n simbool van ’n bederfie – ’n ekstra bonussie om te geniet. Wat in hierdie lewe is vir jou so soet vir jou siel soos poeding op jou tong? Vir my is dit iets soos ’n lekker massering ná maande se skryf voor die rekenaar. Of ’n vakansie by die see ná ʼn jaar van harde werk.

 

In vandag se vers moedig Timoteus alle gelowiges aan om poeding te bring vir dié wat lanklaas bederf is: Spoor hulle aan om goed te doen. Om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.

 

Christene word nie net geroep om in die kerk te sit en luister nie, maar juis om uit te gaan na die markpleine en dié wat nooit poeding kry nie, raak te sien. Wanneer jy poeding uitdeel, het ek gevind, seën die Here jou met iets soets in jou siel.

 

Moenie wag vir ander mense om die inisiatief te neem nie. Begin jy en sit sommer nou ’n dag in jou program opsy en noem dit Poedingdag. Wy hierdie dag spesifiek aan liefdadigheid – om poeding vir die lyf en siel uit te deel aan almal wie se lewe met ’n bietjie soetigheid

kan doen. Kry mense om jou te help. Dalk word dit nog ’n nasionale dag: Poeding vir die siel-dag.

 

Ek glo wanneer ons poeding aan ander uitdeel, proe ons soos poeding op die Here se tong.

 

Bruisgebed vir soettande: Vader, help my om inisiatief te neem en oral soet poeding namens U aan ander uit te deel. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

‘Jou lig skyn helder, Deon’: Mense se omgee dra sanger ná ongeluk
17 November 2026
Ná haar man se dood en vier vernietigende vloede getuig boervrou: ‘God stuur engele om te help’
17 November 2026
‘Selfs ná die grootste val sal jy weer opstaan wanneer God jou oprig,’ – Verlamde oud-rugbyspeler en sy vrou getuig
16 November 2026
Porterville se miracle child: ‘Vir haar is dié soort sportprestasies ’n wonderwerk’
13 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.