Boodskap vir Vandag

Search

Pouse

Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is.

– Psalm 119:164

 

As kind kon ek nie wag vir pouses nie – veral lang pouse – net om ʼn bietjie weg te kom van al die werk, lekker te speel en die lekkernye in my kosblik te geniet. Ná elke pouse het ek weer nuwe moed vir die klaskamer gehad.

 

Jare later vind ek dat ek as skrywer baie meer as twee pouses per dag nodig het wanneer ek aan ’n groot projek werk. Ek raak gereeld kriewelrig van die lang sit en konsentreer voor die rekenaar. Gevolglik staan ek elke nou en dan op om tee of koffie te maak, ’n draai te loop

en net ’n bietjie asem te skep. Partykeer neem ek sommer ’n lang pouse en gaan drink koffie saam met ’n vriendin of kyk ’n mooi natuurprogram op die TV.

 

Pouses is broodnodig vir ons om te kan volhard met die taak wat ons moet afhandel. Dit gee ons liggaam, emosies en brein ’n blaaskans – ’n mini-vakansie. Soos die tjoklit-advertensie sê: Have a break! Have a KitKat!

 

Die Bybelvers hierbo het my bewus gemaak daarvan dat ek meer as ’n koppie koffie of ’n tjoklit nodig het wanneer ek ’n blaaskans vat. Ek moet ook stil raak en dankie sê. Dankbaarheid stel die werking van die Heilige Gees vry. Ons kan daarom nie genoeg dankiesê-pouses neem nie.

 

Maak dit ’n instelling in jou lewe – sommer sewe keer per dag! Dit is ’n wonderlike bruistablet om jou te motiveer om daardie werk op jou tafel met nuwe woema aan te pak.

 

Bruisgebed vir harde werkers: Here, ek commit my daartoe om gereeld ’n pouse te neem om vir U dankie te sê.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed