Boodskap vir Vandag

Search

Prewelend, dag en nag

“Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte” (Johannes 15:5).

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly (Kolossense 3:16).

Om ʼn vrugbare lewe in Christus te hê is allereers God se werk waardeur God as die genadige en vrygewige boer ons inplant in die ware wingerdstok, wat Christus is.

Om in Christus te wees, soos lote in ʼn wingerdstok, beteken nie ons bly passief nie. Inteendeel. Om in Christus te bly bring ʼn eie verantwoordelikheid mee. Dit beteken allereers ons sal toesien dat sy woorde in ons bly (Johannes 15:7) of, soos Paulus dit stel, “dat die woord van Christus oorvloedig in ons sal woon” (Kolossense 3:16).

Konkreet beteken dit ons sal sorg dat Christus se woorde, beloftes en opdragte, veral soos dit in die Evangelies opgeteken staan, ons gedagtewêreld sal deurspoel en beset.

Trouens, soos die psalmdigter oor die wet getuig, moet dit ons grootste vreugde word om ons gedagtes voortdurend met Christus se woorde te deurdrenk – só te deurdrenk dat ons dit, soos die digter, dag en nag prewelend begin opsê (Psalm 1:2, Direkte Vertaling).

Wie só in Christus en in sy woorde bly, is inderdaad soos ʼn boom wat langs watervore geplant is en wat sy vrugte op sy tyd gee (Psalm 1:3).

Hulle word lote wat ryk is aan vrug.

Here, u woorde is inderdaad ʼn lig op ons pad. Deurdrenk ons gedagtes vandag opnuut daarmee. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed