Boodskap vir Vandag

Search

Rebel

Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. Maar die Fariseërs en skrifkenners . . . het by Jesus se dissipels gaan kla: “Waarom eet en drink julle saam met sulke immorele karakters?”

– Lukas 5:29-30

 

Die meeste mense heg dadelik ’n negatiewe konnotasie aan die woord rebel. Ons eerste gedagte is aan iemand met lang hare, tattoos en ’n neusring of twee. ’n Rebel het die reputasie van ’n belhamel wat gedurig stroomop is, wat hom wangedra en die samelewing omvergooi. Ons dink dadelik aan iemand soos James Dean in die fliek Rebel without a cause.

 

Tog is daar ook die rebelle wat ’n eerbare en veel groter doel najaag. Sulke mense verskuif grense, vernuwe denke en raak die gewete van die samelewing aan. Hierdie goddelike rebelle praat met dié wat hulle magsposisies misbruik om korrupsie en ongeregtigheid te bedek.

 

Wanneer ons na Jesus se lewe kyk, sien ons Hy was nie net die sagte mens met die lammetjie in sy arms nie. Hy was ook ’n passievolle rebel wat vir die waarheid opgestaan het.

 

Jesus was uitgesproke oor die valsheid en geestelike hoogmoed van die Fariseërs en Hy het hulle sienings openlik teengestaan. Jesus het byvoorbeeld saam met immorele mense soos die tollenaars geëet – iets wat totaal ongehoord was onder godsdiensleiers. Hy het op baie

wetgeleerdes se tone getrap, so erg dat hulle gesorg het dat Hy aangekla en doodgemaak word. Maar uiteindelik het hierdie goddelike Rebel die grootste geestelike vernuwing van alle tye bewerkstellig.

 

Ek glo ons land het meer eerbare rebelle nodig wat die stryd sal aanpak en alle leuens en ongeregtigheid sal blootlê – om Jesus ontwil.

 

Bruisgebed vir rebelle: Dankie, Here Jesus, vir u voorbeeld as ʼn goeie rebel wat opgestaan het vir deursigtigheid, waarheid en geregtigheid. Help my om dieselfde te doen, tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed