Boodskap vir Vandag

Search

Restourasie

Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid – Jesaja 40:8 (1933/1953-vertaling).

Margaret Feinberg, skrywer en openbare spreker van Morrison, Colorado, vertel dat sy haar Bybel laat oorbind het.

“My Bybel het letterlik en geestelik duisende kilometers saam met my gereis. Dit het my tydens lang koue alleenwinters in Alaska getroos, en oral langs die pad het dit hoop en leiding en wysheid verskaf.” Sy het die 123 dollar (ongeveer R1 300) wat die restourasie van die Bybel haar gekos het, met ’n ligte hart betaal. Sy sê: “Ek het eintlik betaal vir dinge wat geld nie kon koop nie: my notas, gebedslysies, onderstreepte teksverse, of Skrifgedeeltes met datums daarby.”

Dit gaan oor baie meer as die fisieke restourasie van ’n Bybel, veel eerder oor die feit dat God sélf die Woord is. Christus is die Woord wat vlees geword het. Daarom is die Bybel lewende, onverganklike woorde; nie blote woorde op papier nie.

Alles vergaan. Die gras verdor. Blomme verwelk. Ons liggaam gaan tot niet. Net God se Woord hou stand. En in Openbaring 21:5 kry ons sy belofte: “Toe sê Hy wat op die troon sit: ‘Kyk, Ek maak alles nuut.’ En daarna sê Hy: ‘Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.’”

Christus begin nou reeds met sy restourasieproses in ons.

Dankie, Here, dat U gekom het om alles nuut te maak. Dankie dat u Woord die draer van hierdie goeie boodskap is. Dankie dat U my ook wil nuut maak. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed