Boodskap vir Vandag

Search

Restourasie

Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid – Jesaja 40:8 (1933/1953-vertaling).

Margaret Feinberg, skrywer en openbare spreker van Morrison, Colorado, vertel dat sy haar Bybel laat oorbind het.

“My Bybel het letterlik en geestelik duisende kilometers saam met my gereis. Dit het my tydens lang koue alleenwinters in Alaska getroos, en oral langs die pad het dit hoop en leiding en wysheid verskaf.” Sy het die 123 dollar (ongeveer R1 300) wat die restourasie van die Bybel haar gekos het, met ’n ligte hart betaal. Sy sê: “Ek het eintlik betaal vir dinge wat geld nie kon koop nie: my notas, gebedslysies, onderstreepte teksverse, of Skrifgedeeltes met datums daarby.”

Dit gaan oor baie meer as die fisieke restourasie van ’n Bybel, veel eerder oor die feit dat God sélf die Woord is. Christus is die Woord wat vlees geword het. Daarom is die Bybel lewende, onverganklike woorde; nie blote woorde op papier nie.

Alles vergaan. Die gras verdor. Blomme verwelk. Ons liggaam gaan tot niet. Net God se Woord hou stand. En in Openbaring 21:5 kry ons sy belofte: “Toe sê Hy wat op die troon sit: ‘Kyk, Ek maak alles nuut.’ En daarna sê Hy: ‘Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.’”

Christus begin nou reeds met sy restourasieproses in ons.

Dankie, Here, dat U gekom het om alles nuut te maak. Dankie dat u Woord die draer van hierdie goeie boodskap is. Dankie dat U my ook wil nuut maak. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed