Boodskap vir Vandag

Search

Ribbok

Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig staan.

– 2 Samuel 22:34

 

Die jaar 2017 was vir my ’n berg van ’n jaar om teen uit te beur. Ek was pal voor die rekenaar besig met skryfprojekte, en tussenin op reis as spreker. Die grootste uitdaging was egter die epidemie van onbetroubare diensverskaffers wat dinge op my erf moes herstel.

 

Hierdie plaag sprinkane het my emosies baie omgekrap. Ek is finansieel uitgebuit, beroof en my begroting vir die Kersseisoen is totaal in die wiele gery. Ek het gewonder of ek hulle een vir een moes aanvat en met my mond moet uitsorteer.

 

Die sagte stemmetjie van wysheid het my egter aangeraai om nie by battles betrokke te raak met onwaardige opponente nie. Hulle sou in elk geval nie verantwoordelikheid vir hulle oneerbare aksies aanvaar nie. Sulke battles met geestelik blinde en dowe mense sou my net van nog meer kosbare tyd en energie beroof.

 

Ek het besluit om stil te bly en die Here te vertrou. Hy het my moeë gees opgelig en my hoog op ’n stil rotslys neergesit. ’n Vrede het oor my neergedaal. Soos ’n ribbok, kon ek alles van bo af beskou en die battles vol leuens aan Hom oorlaat … terwyl ek op my skryfwerk

konsentreer.

 

So dikwels word ons verlei deur ons onstuimige emosies om by moddergevegte met onwaardige opponente betrokke te raak – soms sommer openlik op sosiale media. Kies die waardige pad. Laat toe dat die Here jou voete soos dié van ’n ribbok op hoë geestelike plekke plaas. Laat Hy die battle teen die leuens namens jou fight.

 

Bruisgebed vir taai situasies: Here, help my om uit te styg bo my situasie. Plaas my voete op hoë en vaste plekke, soos dié van ʼn ribbok. Help my om die battle teen leuens aan U oor te laat om te hanteer.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Kinders verstaan dikwels die ware wonder van Kersfees: Jesus se liefde. Nie alle kinders is bevoorreg genoeg om daardie gevoel te ervaar nie. Jy kan dit saam met ons verander…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Jou lig skyn helder, Deon’: Mense se omgee dra sanger ná ongeluk
17 November 2026
Ná haar man se dood en vier vernietigende vloede getuig boervrou: ‘God stuur engele om te help’
17 November 2026
‘Selfs ná die grootste val sal jy weer opstaan wanneer God jou oprig,’ – Verlamde oud-rugbyspeler en sy vrou getuig
16 November 2026
Porterville se miracle child: ‘Vir haar is dié soort sportprestasies ’n wonderwerk’
13 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.