Boodskap vir Vandag

Search

Ruimte

Skep vir ons ruimte by julle. Ons het niemand verontreg nie; ons het niemand se ondergang

veroorsaak nie; ons het niemand uitgebuit nie.

– 2 Korintiërs 7:2

 

Nie alle mense is ewe vriendelik, gasvry of tegemoetkomend teenoor nuwe mense in ’n gemeente of gemeenskap nie. Hoe lyk die persoonlike ruimte rondom jou? Is jy ’n toeganklike mens? Sal onbekende mense maklik tot jou nader om iets persoonlik met jou te bespreek of vir jou ’n vraag te vra? Laat jy onbekende mense maklik in jou ruimte toe, of stoot jy hulle weg met jou afsydige gesindheid en geslote liggaamstaal?

 

Die Here wil hê al sy kinders moet nederig, gasvry en hartlik optree teenoor alle mense van die samelewing. Jesus het vir ons ʼn voorbeeld gestel deur met alle mense van alle klasse ’n band te vorm en hulle in sy persoonlike ruimte te verwelkom. Hy het nie net met die wetgeleerdes, godsdiensleiers of dié in hoë posisies gemeng nie, maar juis ook met dié wat uit die samelewing verstoot is. Kom ons doen dieselfde as sy volgelinge.

 

Die kerk het deur die jare heen ’n reputasie van snobisme en geestelike kilheid opgebou omdat mense geweier het om sekere “tipes” nie in hulle persoonlike ruimte in te laat of met hulle wou assosieer nie. Ek en jy kan hierdie stigma verwyder deur hartliker en meer opreg en belangstellend teenoor elke ander mens op te tree.

 

Maak dit jou doelwit om almal – ook mense wat volgens jou ongewoon of weird is – met ’n glimlag te groet en welkom te laat voel. Soos Jesus gedoen het. Laat die ruimte rondom jou spreek van sy gasvryheid, hartlikheid, liefde en genade vir ’n ieder en elk.

 

Bruisgebed vir hartlikheid: Vader, help my om ’n warm en ontvanklike ruimte rondom my te skep vir ander mense sodat hulle nie sal huiwer om tot my en deur my tot U te nader nie. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

‘Selfs ná die grootste val sal jy weer opstaan wanneer God jou oprig,’ – Verlamde oud-rugbyspeler en sy vrou getuig
16 November 2026
Porterville se miracle child: ‘Vir haar is dié soort sportprestasies ’n wonderwerk’
13 November 2026
#2‘God het ons gered sodat ons die ware Jesus kon leer ken’ – Ná jare breek hulle met die kultus
11 November 2026
#1‘God gaan jou vernietig as jy ongehoorsaam is’ – Paartjie lig die sluier ná jare in ’n geslote geloofsgemeenskap
10 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.