Boodskap vir Vandag

Search

Rus. Rus. Rus.

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed” – Matteus 11:28-29.

Christus het by uitstek die lewenskuns verstaan om volkome tot rus te kom. Hy het dit reggekry om sy volgeskryfde kantlyn met een veeg skoon te vee.

Hy kon Homself aan ’n skare mense onttrek om die stilte van sy Vader se teenwoordigheid op te soek. Hy kon saam met sy dissipels op die stil waters van die See van Galilea uitvaar sodat hulle deur sy wysheid en kalmte gevoed kon word.

Kenosis is die Griekse woord wat beteken “om te laat los” of “om van jouself leeg te word”. Om dinge waaraan jy vasklou te laat gaan, beteken allermins dat jy die handdoek ingooi.

Die bekende Dominikaanse mistikus Meister Eckhart (1260-1328) het gesê: “God word nie gevind deur iets by jou lewe te voeg nie, maar deur dinge weg te neem. Dit is nie ’n optelsom nie, maar ’n aftreksom. Die antwoord waarby ’n mens tot jou eie vreugde en verbasing uitkom, is: Minder is inderdaad méér.”

Ek moet God se stilte opsoek. Ek moet stil word in my verwagting dat Hy – die almagtige God – met my wil praat. En dan – wanneer ek die krag van binnestilte ontdek – begin ek myself en my medemens beter verstaan en aanvaar.

Ons diepste hartsverlange is na God. Op sý beurt trek Hy ons na Hom toe aan. “Kom!” eggo sy stem deur alle eeue. “Kom na My toe!”

Here, dankie dat ek by U tot rus kan kom. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed