Boodskap vir Vandag

Search

Siele wat lek

“Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ’n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes” – Lukas 6:35.

“Ons siele lek,” skryf Dawna Markova in die inleiding van Random acts of kindness, “daarom trek ons instinktief terug van alles wat vreesaanjaend vir ons is: chaos, geweld, armoede, haweloosheid, want ons is vuisvoos van al die aansprake op ons goedgesindheid.”

Wanneer ons meelewing egter uit ons rasionele denke spruit, is dit soos ’n grootboek waarin uitgawes en inkomste moet balanseer. “Ek gee iets. Jy moet iets teruggee. Ek doen ’n guns, maar verwag in ruil ’n guns wat dieselfde gewig dra. Dít is nie gee nie. Dit is handel dryf.” Gee moet uit die hart kom; nie omdat jy iets terugverwag nie, maar omdat jy regtig wil. Wanneer jy op hierdie manier gee, word jy voller, nie leër nie. Jou siel hou op met lek.

John O’Donohue skryf daar is iets diep in die mens se siel wat op die teenwoordigheid van goedgesindheid staatmaak; ons verwag dit instinktief, en sodra ons dit aanvoel, stel ons onsself oop om die persoon wat dit uitstraal te vertrou.

Die persoon teenoor wie ons liefde bewys, voel ons deernis en wellewendheid aan. Dit vul ook sý binneste, al woon hy dalk steeds onder ’n brug, of al besef hy dat hy nie van sy terminale siekte gaan herstel nie. Deur ons opregte meelewing hou ook sý siel op met lek.

Here, ek wil ook wellewend en vol goedgesindheid leef. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed