Boodskap vir Vandag

Search

Skaal

Die Here het ’n afsku van ’n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

– Spreuke 11:1

 

Het jy al ooit aan ’n skaal gepeuter? Ek moet erken ek het al. Jare gelede, as ’n oorgewig tiener, het ek graag meer na die een kant van die skaal toe oorgeleun wanneer ek myself geweeg het. Só kon ek die skaal se lesing manipuleer. Wanneer ek die skaal só gekul het, het ek ’n kilo of twee minder geweeg as wat ek regtig geweeg het. Maar in my binnekant het ek geweet die lesing was nie akkuraat nie.

 

Vandag is ek ’n volwassene en ’n volgeling van die Here. En ek weet nou Hy het ’n afsku van ’n skaal wat nie reg weeg nie. In gewone Afrikaans beteken dit die Here haat leuens van enige aard, ook daardie klein leuens wat ons so graag onder die mat invee en kies om te ignoreer.

 

Die waarheid is vir die Here geweldig belangrik – ook in die klein dingetjies en gewoontes in ons lewe. Net die regte gewig – dit is, die waarheid – dra sy goedkeuring weg.

 

Kom ons gaan staan vandag op sy skaal en neem ’n paar lesings. Hoe gereeld manipuleer jy die skaal van die lewe om beter te lyk? Jok jy dalk vir jou man oor hoeveel daardie skoene regtig gekos het? Glo jy om die waarheid hier en daar effens te verdraai is onbenullig en

onbelangrik in die Here se oë?

 

Om gereeld noodleuens te vertel kan maklik tot ’n leefstylgewoonte lei waarin die verdraaide waarheid geleidelik glad nie meer jou gewete aanpraat nie. Kom ons bely dan vandag ons onakkurate skaal en stel die naald weer op die waarheid in.

 

Bruisgebed vir die waarheid: Vader, ek wil U tevrede stel en U gelukkig maak. Daarom kies ek om my lewe altyd op ’n skaal te plaas wat reg weeg. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed