Boodskap vir Vandag

Search

Só wen jy heelpad

“As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag” (Matteus 5:46).

In die gedeelte waar Jesus sy volgelinge oproep om hulle vyande lief te hê en só hulle identiteit as kinders van God duidelik te maak, is daar ʼn verdere perspektief wat ons maklik mislees.

Dit is dat daar ʼn bepaalde loon of wins opgesluit is in die inisiatief, selfs avontuur, om ons vyande lief te kry.

Beslis is dit, impliseer Jesus in Matteus 5:46-47, ʼn ander soort wins as in die geval van liefde tussen vriende of familie. Hier is amper nie eens sprake van loon nie. Die woord is byna nie gepas nie.

Maar in die geval van jou vyande, wanneer jy hulle kan leer liefkry, wen jy heelpad. Jy kan – so hoor ons tussen die lyne by Jesus – ʼn bepaalde loon verwag. Jy kan deel in winste en rykdomme wat jy jou, tot in hierdie stadium, waarskynlik nie kon voorstel nie.

Min van ons ken dit, maar wie wel dié vreemde vorm van liefde teenoor die vyand leer beproef en omhels, kan meestal nie uitgepraat raak oor die verryking wat daarin opgesluit is nie. Oor hoe nuwe wêrelde van vriendskap en hartlikheid, kennis en dankbaarheid onverwags oopgaan.

Wat meer is, só kry jy deel aan en help bou jy aan die vrede wat ons wêreld so broodnodig het.

Here, laat ek eerlik wees: Ek het geen benul wat dit vir my kan beteken om my vyande te leer liefkry nie. Neem daarom my hand en lei my. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.