Boodskap vir Vandag

Search

Só wen jy heelpad

“As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag” (Matteus 5:46).

In die gedeelte waar Jesus sy volgelinge oproep om hulle vyande lief te hê en só hulle identiteit as kinders van God duidelik te maak, is daar ʼn verdere perspektief wat ons maklik mislees.

Dit is dat daar ʼn bepaalde loon of wins opgesluit is in die inisiatief, selfs avontuur, om ons vyande lief te kry.

Beslis is dit, impliseer Jesus in Matteus 5:46-47, ʼn ander soort wins as in die geval van liefde tussen vriende of familie. Hier is amper nie eens sprake van loon nie. Die woord is byna nie gepas nie.

Maar in die geval van jou vyande, wanneer jy hulle kan leer liefkry, wen jy heelpad. Jy kan – so hoor ons tussen die lyne by Jesus – ʼn bepaalde loon verwag. Jy kan deel in winste en rykdomme wat jy jou, tot in hierdie stadium, waarskynlik nie kon voorstel nie.

Min van ons ken dit, maar wie wel dié vreemde vorm van liefde teenoor die vyand leer beproef en omhels, kan meestal nie uitgepraat raak oor die verryking wat daarin opgesluit is nie. Oor hoe nuwe wêrelde van vriendskap en hartlikheid, kennis en dankbaarheid onverwags oopgaan.

Wat meer is, só kry jy deel aan en help bou jy aan die vrede wat ons wêreld so broodnodig het.

Here, laat ek eerlik wees: Ek het geen benul wat dit vir my kan beteken om my vyande te leer liefkry nie. Neem daarom my hand en lei my. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed