Boodskap vir Vandag

Search

Son

Aan die een kant van die hemel kom hy [die son] op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie.

– Psalm 19:7

 

Daar is soveel gratis helende krag in die son. Die son skep vitamien D in ons liggame, wat ons nodig het vir ’n gesonde gees, emosies en liggaam. Die son is nodig vir plante om te groei en vrugte om ryp te word. Dink maar aan daardie groen piesangs en avokadopere wat ons in die son neersit om die rypwordproses aan te help.

 

Volgens navorsing ervaar mense wat in warm en sonnige lande woon meer positiewe emosies as dié wat in die ysige en bewolkte lande woon. Ek self het al gevind wanneer ek nie gereeld in die son kom nie, en net in die huis voor my rekenaar sit en werk, ek later

agterkom iets is missing. Ek voel swaarmoedig en sukkel om te konsentreer. Ek weet dan, wat ek kort, is ’n bietjie sonlig. Maar meer nog, sý sonlig.

 

Wanneer ek te lank vir die Here wegkruip en Hom afskeep in my besige werkprogram, funksioneer ek glad nie goed nie. Daar is ʼn troebelheid in my gees, asof iets soek is. Ons almal is afhanklik van die son vir energie en gesondheid, maar meer nog van die ware Son,

die Een wat die son en maan en die heelal geskep het. Dit is nie wys om te lank van Hom af weg te bly nie.

 

Voel jy morbied? Het jou siel iets nodig om warm te word? Gaan sit in die son en bring tyd deur in die teenwoordigheid van die Here se lig en warmte. Laat sy son op jou skyn en jou gees laat ryp word.

 

Bruisgebed vir terneergedruktheid: Here, ek kies bewustelik om my elke dag in u sonlig te baai sodat U my gees kan verlig en u lig en warmte deur my kan laat vloei.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed